
About Us
Teetuin & Handgemaakte Items, Pragtige geskenke en Dekor vir jou huis. Ons is geleë te H/v Ou Johannesburg & Lyttelton Weg, Clubview, Centurion. Ons is op die perseel van die Tuingenoot kwekery.
Ons het heerlike tuisgemaakte koeke en bied ook ligte etes en heerlike versnaperinge. Kom kuier gerus tussen sagte lopende water en die natuur of sit binne in ons koffiewinkel terwyl jy al ons mooi geskenke en dekor items wat te koop is beskou. Kom koop ‘n geskenkie vir daardie spesiale vriend of vriendin of iets moois om jou huis mee op te tooi.
Ons maak ook voorsiening vir verskeie funksies tot en met 30 persone soos verjaardae, babatees, kombuistees, doopfunksies ens. Daarvoor het ons spesiale menus en lekker tuisgemaakte kosse.
Dan bied ons ook op gereelde basis verskeie kuns en verf klasse aan. Ons is ook ‘n verskaffer van die bekende Granny B verfprodukte.
Contact us
Call: 078 052 0259

Check out our Facebook page for regular updates and specials